Tuesday, July 1, 2014

Wanneer Mens Moet Oor Begin



 

Dis nou wat gebeur as jy vir maande lank te besig is om aan jou weblog aandag te gee. Jy verander jou vonkposadres en siedaar, jou 'hosting' se vervalkennisgewing bereik jou nie—jy verloor jou hele bloomen blog. Nou ja, huil gaan nie help nie, so mens begin maar voor.

Vir diegene wat my nog nie ken nie, my naam is Yolande Pienaar en ek skryf stories. Natuurlik verskil mense se opinies oor hoe goed of sleg die stories geskryf is en dis okei, want dis nou ongelukkig iets waaroor ek geen beheer het nie—skryf moet ek skryf. Die boeke wat tans te koop is, is te vinde op die bladsy genaamd Boeke deur Yolande Pienaar indien iemand belangstel.

Ek hou van stories wat mens die ligter kant van die lewe laat sien, want wraggies, die alledaagse lewe het genoeg van sy eie kwaad. So ja,  ek hou van humor en ek glo die liefdesverhaal-genre leen hom by uitstek daartoe om die simpel goed wat mens elke dag aanvang uit te buit in 'n storie. (En ek is oud genoeg om baie van daardie idiotiese dinge self te ervaar het.)

Op hierdie blad gaan lesers in die toekoms so ietsie van alles kry—van  nuutgepubliseerde liefdesverhale in Engels en Afrikaans tot 'n alledaagse gerammel oor die stampe en stote van die lewe. Hierdie is tog 'n web-joernaal so, anything goes.

Tussen ons, het julle gesien hoe klim die Suid-Afrikaanse skryfster Marie Dry se boek Alien Mine deur Amazon se topverkoperlyste? Die boek is skaars 'n week op die rakke en tans 369 ste op die VSA webwerf se topverkopers!

 



 

In a bleak future where government systems are breaking down and lawless bands of men terrorize the country, botanist Natalie Hanson fears for her life and hides in a cave in the Rocky Mountains. When she is captured by human raiders, a fierce alien appears and slays her attackers. Natalie is now held captive in her own cave by the sexy and striking alien commander, Zacar, who informs her that she will be his breeder. Natalie soon realizes that these aliens worship strength. So what will happen when Zacar finds out she has severe asthma?

Totsiens tot 'n volgende keer.