Boeke deur Yolande Pienaar

Harleyheksie

Gogga op 'n Harley (Gratis by die onderstaande aanlynwinkels)

Superintendent Karen Visser moet ten spyte van die vooroordele teenoor haar voorkoms, diamantsmokkellaars vastrek in die Noord Kaap. Waarmee sy nie rekening gehou het nie, is die uitwerking wat die rooikop Dewald en sy dogtertjie Amalia op haar hart sou he. Tussen haar eie leuens en bedrog vind Karen uit dat die hart hom nie so maklik om die bos laat lei nie.

Beskikbaar by Amazon.com  Smashwords.comBarnes and Noble,  Apple



Katelknaap vir Carlien

Weduwee Carlien Arendse het mans afgesweer. Vir die afgelope tien jaar is sy dolgelukkig om alleen te wees met haar werk as Streekhoflanddros om haar besig te hou. Totdat sy een oggend gaan draf en letterlik in 'n blonde adonis vashardloop wat haar lewe onherroeplik verander. Te midde van die skindertonge op die dorp, vind Carlien uit dat liefde hom nie deur die ouderdom laat voorskryf nie.

Teken in op my nuusbrief en kry jou kopie gratis. 

Beskikbaar by Amazon , SmashwordsBarnes and Noble,  Apple



Speelgoed

Vier jaar gelede het Kaptein Hugo Dreyer haar verdink dat sy 'n aandeel gehad het in die moord op haar pa. Nou glo hy dat sy betrokke is by die ontsnapping van haar eks uit die gevangenis. Wanneer hy ongenooid op Annelie Verwey se forelhengelplaas arriveer, dwing hy haar om haar eie waardesisteme te ontleed terwyl sy veg om die behoud van haar hart. 

“Speelgoed” on Amazon.com,  Smashwords.com, Barnes and Noble,  Apple, en Createspace

Omnibus 1



Katelknaap vir Carlien en Gogga op 'n Harley saamgeneem in een bundel teen 'n goedkoper prys.

Beskikbaar by Amazon, Smashwords, Barnes and Noble, Scribd en ander aanlyn winkels.



Anders





Veearts Karlia Roux is anders. Nie omdat sy 'n vrou is en 'n veearts is nie—ook nie omdat sy die dogter is van een van die mees welgestelde mense in Suid-Afrika nie. Nee, sy is anders omdat sy kan doen wat meeste ander mense nie kan nie. Sy is 'n Empaat met ’n uitgebreide talent vir beide mens en dier. Karlia leef al daarmee saam vandat sy 'n kleuter is en alhoewel dit moeilik is, funksioneer sy goed genoeg in die normale samelewing.

Wanneer hierdie talent egter verder ontwikkel en sy skielik mense se gedagtes ook kan lees, vrees sy dat die samelewing haar in 'n gestig gaan opsluit soos wat met haar ma gebeur het. Daarvoor sien sy nie kans nie en sy vlug na 'n afgeleë plaas in die Kalaharie waar niemand haar ken nie en menslike kontak beperk is.

Karlia het egter nie rekening gehou met die lastige maar aantreklike buurman, Armand Perez nie. Ten spyte van sy arrogansie dra Armand sy eie donker geheim rond wat hy ten alle koste moet beskerm—al beteken dit dat hy die lewe vir sy nuwe buurvrou ondraaglik moet maak.

Wanneer Karlia egter vreemde diere op die plaas begin sien en met sodanige diere begin praat, besef sy dat sy nooit weer in normale samelewing sal aanpas nie. Maar dinge is nie so eenvoudig nie en haar eie familie en kwesbare hart dwing haar om 'n keuse te maak tussen wat haar hart wil hê en oorlewing.

Anders  is beskikbaar by Amazon, Smashwords, Barnes and Noble, Kobo , Apple en ander aanlyn winkels. 'n Gedrukte weergawe kan ook bestel word by Takelot.com of Amazon.com .

2 comments:

  1. Was mal oor jou boeke, "Gogga op 'n Harley" en "Speelgoed"!!

    ReplyDelete
  2. Baie dankie. Bly as die stories iemand se dag kan beter maak.

    ReplyDelete

Yolande welcomes any comments and suggestions.

Note: Only a member of this blog may post a comment.